Anet Dreyer-Kruger
Looking on the outside
or seeing the inside –
you can decide
to ignore and hide,
or to explore and find;
to create insight,
or to stay blind.
With my art I want to give everyone a glimpse inside the subjects. I want to invite you not just to look, but to really see the living breathing creature or person in its individuality. Not just another woman, man, child, dog, horse, but a force of nature created with a unique body, personality, and soul. See the subtle body language, hear the communication in a simple image or poem. I want to give insight. I want to see everything in sight and draw or paint or photograph it, or write about it with insight. That is why I usually draw or paint the eyes of the subject last, with a lot of attention to detail, as the eyes are the windows to the soul.
Met my kuns wil ek graag aan elkeen ‘n kykie binne in die subjek gee. Ek wil jou uitnooi om nie net te kyk nie, maar om werklik elke lewende mens of dier in sy individualiteit te sien. Nie net nog ‘n vrou, man, kind, hond, perd nie, maar ‘n wonderbaarlike skepsel met ‘n unieke liggaam, persoonlikheid en siel. Sien die subtiele liggaamstaal raak, luister na die kommunikasie in ‘n eenvoudige beeld of gedig. Ek wil Insig gee. En wil alles in sig teken of verf of fotografeer, of ‘n gedig daaroor skryf, met Insig. Dis waarom ek ook gewoonlik die subjek se oë heel laaste en met baie detail teken, want die oë is immers die vensters van die siel.
Insight is the space where I explore outside to find Insight. It is a collection of my paintings, drawings, photographs, poems and medidations on this journey. Come inside and explore with me!
Insig is die plek waar ek ontdek wat buite my en rondom my is op die reis na Insig. Dit is ‘n versameling van my skilderye, tekeninge, fotos, gedigte en oordenkings op hierdie reis. Kom binne en ontdek saam met my!
Mmm, difficult question. Some people see me as an artist, a poet, a photographer, a farm girl, an animal lover, a theologist, a pastor. I am all these things rolled into one, and I am more comfortable with some of these titles and better at some than others . And sometimes I am also someone else. I am Anet Dreyer-Krüger.
Mmmm, moelike vraag. Party mense sien my as ‘n kunstenaar, ‘n digter, ‘n fotograaf, ‘n plaasmeisie, ‘n diereliefhebber, ‘n teoloog, ‘n predikant. Ek is al hierdie dinge inmekaargeweef, en met sekere van hierdie titels is ek meer gemaklik en beter as ander. Ek is ook soms iemand anders. Ek is Anet Dreyer-Krüger.
